Oorspronklike
              Familiewapen  

FORUM

’n Plek waar julle Winterbach-vrae en insette bespreek word. Geen persoonlike en/of private informasie sal geplaas word nie, behalwe wanneer daarop aangedring word.

A place where your queries about the Winterbachs are discussed. No personal and/or private information shall be published, except when specifically asked for by you.

Hier werden euer Winterbach-fragen diskutiert. Keine persönliche und/oder private Information wird angezeigt.


 

Tuisbladsy

Home Page

Heim

Kontak

Contact

 
Verjaarsdae is nou op die Databasis webblad. Kliek daar op die kalender ikoon:
Birthdays are now shown on this page. Click there on the calendar icon:
Geburtstage sind hier angezeigt. Klicken Sie bitte dort auf

  • Vir almal wat wonder, ek gebruik die program Genopro om die stamboom uit te lê en die databasis op te bou. Van al die verskeie programme wat ek probeer het, voldoen Genopro aan al my vereistes.
  • Dankie vir alle bydraes. Sommige mense vra wat hulle aan my moet stuur, en as ek hulle antwoord „volle name van gesin, broers, susters, ouers, grootouers ens. met geboorte- en sterfdatums” dan hoor ek nooit weer van hulle nie! Moenie skrik vir die datums nie (ons is mos familie, dus hoef die dames nie skaam te wees vir hulle ouderdom nie!). Stuur wat jy het, want dit is al ’n beginpunt. Ons kan altyd later verander en/of byvoeg.
  • As julle op die stamboom sien waar iets moet verander of aangevul moet word, sluit asb. die indeksnommer (ind00xx) van die persoon in sodat ek nie die verandering op die verkeerde plek doen nie. Daar is al bv. 22 Dirk Jacobusse en 14 Tobias Johannesse....
  • Ek sal ook baie bly wees as julle jul nuwe e-pos adresse (en ander gegewens soos telefoonnommers, pos- en/ofstraatadresse ens.)aan my sal stuur indien dit verander.
  • Laat ons ook weet indien daar ’n nuwe aankomeling, troue, afsterwe, matriekuitslae, grade gevang, die vind van die Krugermiljoene of so iets is dat ons dit hier kan deel ;-).
  • Omdat die databasis so groot begin raak het, het ek slegs op die Winterbachs begin konsentreer en die kinders uit ’n huwelik waarvan die man ’n ander van het, nie ingesluit nie. Jammer daarvoor, vir diè wat vies is daaroor!
  • Of all the programs that I've tried, Genopro has so far proved to be the best (and easiest) one to create this particular family tree and to maintain the database.
  • Thank you for all the contributions. If you can, please also send birth-, death-, wedding- and other dates. Full names and nick names are also important,but send what you have: we can always update the database later.
  • If you see on the family tree where a change must be made or an update must be done, please include the index number (ind00xx) so that I do not change the wrong information. There are many Winterbachs who need names, for example.
  • Please let me know when your e-mail, telephone number, postal addresses etc. change. I do not want to lose contact with you (unless you want to!)
  • Tell us when you know of a new baby Winterbach, or if someone gets married, achieve something worthwhile or dies. We would like to share it with all.
  • I have stopped to include the "non-Winterbach" children in the database. Sorry about that, it just gets too much!

Nuus:

Ek het in September 2010 die NG Kerk argiewe in Tulbagh, Ceres en Stellenbosch gaan aandurf. Met die hulp van my vrou Claudia, suster Marlene en neef Anton het ek heelwat inligting uit geboorteregisters, lidmaatregisters en sterftesertifikate gekry, en ook in die begraafplase van Laingsburg, Tulbagh en Ceres. Ek het van al die Winterbach-inskrywings fotos geneem wat ek in die databasis geplaas het.

News:

During September 2010 I, with the help of my wife Claudia, sister Marlene and cousin Anton, have found a lot of information in the archives of the Dutch Reform Churches in the towns of Tulbagh, Ceres and Stellenbosch and also in the graveyards of Laingsburg, Tulbagh and Ceres. I have updated the data base with the pictures I've taken

Nuwe Inset New Input Neue Eingabe

Briewe (nuutste bo) /  Letters (latest ones first)


#044 – Amelda Winterbach, 24/04/2014:

Sy het inligting gestuur oor haar gesin en haar ouers, ooms en tantes. Toevallig het ek kort daarna vier van hulle ontmoet (Sylvia, Bessie, Johan en Mariè) en kon hulle nog meer inligting oor daardie gedeelte van die stamboom gee. Veral Johan het amper almal se geboorte- en sterfdatums uit sy kop onthou!

Ek het die stamboom en databasis hier opgedateer. Baie dankie julle almal.
– Tobie.

As iemand meer inligting kan stuur, kliek asb. hierletter


#043 – Lelani Winterbach stuur op 21/05/2014 inligting oor haar familieverbintenis met die Winterbach-stamboom.

 

Ek het die stamboom hier opgedateer.
Baie dankie vir die mooi uiteensetting en gedetailleerde inligting, Lelani. Ek waardeer dit baie.
– Tobie

As iemand meer inligting kan stuur, kliek asb. hierletter


#042 – Op 28/01/2014 vra Madré Winterbach:

Ek sal graag die verwikkeling van die Winterbach tot Suid-Afrika wil weet.

Hallo Madré,
Die Winterbachs se oorsprong is natuurlik in Rothenburg ob der Tauber in Duitsland. Ek het daar ook gaan navorsing doen, maar kon nie uitvind wat van hulle geword het of waarheen hulle uitgewyk het nie. Daar is vandag geen Winterbachs in Duitsland nie (of ek kon nog geeneen opspoor nie).
Die soldaat wat in Suid-Afrika aangekom het is in Kleef (Cleve) aan die Duits-Hollandse grens gebore. Hoe/wanneer sy voorouers vanaf Rothenburg o.d. Tauber na Kleef gegaan het, kon ek nog nie vasstel nie, en hoe/wanneer hy vanaf Kleef na Goeree gegaan het om op die Overschie te beland op pad na SA weet ek ook nie (jy het seker die stukke gelees op die webblad by http://www.winterbach.za.net/pages/info/overschie.htm?)
Ek beplan om weer eendag (DV) na Rothenburg se argief te gaan om meer te probeer uitvind, of as iemand anders daardie navorsing wil doen, is hy/sy welkom. Die spul Winterbachs net hier in SA hou my goed besig!
Kan jy meer inligting oor jouself stuur asb? ...
Winterbach-groete,
– Tobie

Sy skryf toe weer op 30 Jan 2014:
Goeie dag Tobie
Dit sal net ’n plesier wees, ek sal my ouma bietjie uitvra ja, ons is 'n klomp Winterbachs in Stellenbosch en dis altyd lekker om van my voorouers uit te vind; dit hou my gegrond.
Ek sal so gou as moontlik die inligting verskaf!
Vriendelike groette
Madré Winterbach

As iemand meer inligting kan stuur, kliek asb. hierletter


#041 – Betsie Anderson (geb. Cilliers)
stuur op 14/10/2013 inligting en sê dat sy die kleindogter is van Elizabeth Jacoba Winterbach (ind01144) op hierdie stamboom. Sy skryf ook die volgende:

Ek is vernoem na my ma se ma! Elizabeth Jacoba Winterbach. My ouma is op die plaas Mooifontein oorlede en in Heilbron begrawe. Ek het ’n foto van my ouma as jong meisie in Tulbach.

Sy het ook toe twee fotos gestuur, een van haar ouma as jong meisie en een van haar ouma se grafsteen. Dankie Betsie, ek waardeer alle insette, fotos en briewe.
– Tobie.

As iemand meer inligting kan stuur, kliek asb. hierletter


#040 – On 29/09/2013, Martin & Kim Weatherston wrote:

Hi other Winterbach descendants
I was so thrilled to find your website in the early hours of this morning! My grandmother´s mother was Magdalena Frederika Johanna Winterbach 1846-1928, Tulbach( m. Paulus Cornelis de Klerk ( of stamvader: Fr Huguenot Abraham le Clercq). I was raised with stories about the von Winterbach line e.g. that an earlier forefather was first Landdrost of Tulbach and were Protestants from Germany ( like most of the rest of this side of my fam.). I have crockery and both thin and heavy copper baking pans from this ancestor still in my home I left SA 1984 & now live in Australia and am a history grad and was always interested in fam tree etc- I have a public tree on Ancestry.com (Marriott-Weatherston ) and have photographs of some of these ancestors. I have copied/pasted some of you excellent information into my Ancestry tree but there are photos you may like on my tree.
Kind regards
Kim Weatherston

Hi Kim,
Thanks for the mail with the information.
Is the Magdalena Frederika Johanna Winterbach (ind01237) the one whose father was Pieter Johannes Winterbach and her mother was Maria Magdalena Frederika Rossouw according to the database? If so, thanks for the dates, which I will add to the database soon.
I´ll have a look at your family tree to see if there are any photos of interest. Please send any other information that you may have.
Regards,
Tobie Winterbach

If anyone can supply more information, please click hereletter


#039 – Op 12/05/2013 skryf Nicoleen Winterbach die volgende:

Goeie more,
My naam is Nicoleen (Bekker) Winterbach. My man is die kleinseun van Chris en Baba Winterbach (die Lydenburgse Vastrappers). Ons kry geen name van hul kinders en nasate op die Winterbach web werf nie. Indien jy die inligting wil hê kontak my asseblief sodat ek weet die e-pos adres is nog aktief.
Groete,
Nicoleen

Sy het ook later volledige inligting oor die nasate van die Lydenburgse Vastrappers gestuur wat ek toe op die stamboom aangebring het.
Sy skryf ook dat haar man Chris Winterbach ’n vliegtuigingenieur is en dat hulle tans in Hong Kong woon.

As iemand meer inligting kan stuur, kliek asb. hierletter


#038 – Paul skryf op 2 Jan 2013 die volgende:

Hello Tobie
Ek is nie ’n Winterbach nie, maar my oom was ’n Winterbach, naamlik Frans Jacobus Winterbach wat getroud was met Susanna Magrieta Jacoba Kruger (die suster van my ma). Ons het haar geken as Fien.

Die regstelling is as volg:
Frans Jacobus Winterbach ind00781 (Leoni) en ind00075 is dieselfde persoon, naamlik die seun van Rooi Dirk en Anna. Frans en Fien het saam 6 kinders gehad, en ek sal probeer om die inligting vir jou te stuur. Dit is egter soos om tande te trek om die inligting te kry by die neefs en niggies.

Groete
Paul Heinze

Paul het ook later fotos gestuur met die volgende inligting:

Toevallig het ek ’n troufoto van Frans en Fien. Op die foto is Chris Jankowitz, die seun van die Chris Jankowitz wat in een van die vertellings genoem word. Een van my skoolmaats was dan ook ’n Chris Jankowitz. Op die foto is Rina Winterbach ook, Frans se suster wat reeds lank gelede aan kanker oorlede is. Sy en haar man George Baker het by my ouma in Lydenburg loseer.
Groete Paul.

Dankie Paul, ek het die stamboom en databasis hier opgedateer met jou inligting.
Ek waardeer dit wanneer ook die "nie-Winterbachs" inligting stuur.
– Tobie

As iemand meer inligting kan stuur, kliek asb. hierletter


#037 – Op 4 Nov 2012 het Tobie van De Doorns sy inligting opgedateer en die volgende geskryf:

Ek is Tobie (ind00240) van Francois op De Doorns.

Ons het die naweek ’n heerlike kamp by Warmwaterberg bygewoon.
Ek wil net vir oom in kennis stel van ’n toevoeging tot die stamboom.
Ek is op 17 Maart 2012 getroud met Marli Opperman.
Sy is gebore 11 Jan 1983 en het op Cradock op hulle familiegrond grootgeword.
Dankie vir oom se moeite met die webblad.

Groete
Tobias Johannes Winterbach

Dankie Tobie, ek het die stamboom en databasis opgedateer met jou inligting.
Ek is bly dat julle die Winterbach-saamtrek op Warmwaterberg (2-4 Nov 2012) geniet het. Lees Marlene Vermeulen se berig hier.
– Tobie

As iemand meer inligting kan stuur, kliek asb. hierletter


#036 – Retha Bothma stuur op 09/06/2012 heelwat inligting.

Sy is die kleindogter van Anna Elizabeth Winterbach (ind00049) wat met Pieter Willem Naude getroud was. Haar ma, Cornelia Margaretha Naude, was hul dogter en haar pa was Jacobus Cornelius Van Rooyen. Hy was ’n boer in die Lydenburg distrik op die plaas Waterval. Ook sakeman en afslaer. Haar ma was boervrou en sekretaresse van die ou NP party.
Sy weet ook van 2 Winterbach grafte op Buffelsvlei op ’n plaas (Watervalsrivier)

Dankie vir die inligting, Retha, ek waardeer dit.
Weet iemand dalk van die twee grafte en kan iemand dalk fotos van hulle stuur?
– Tobie

As iemand meer inligting kan stuur, kliek asb. hierletter


#035 – Corne skryf op 1 Nov 2011:

Wilhelmina Magdalena wat op 4/4/1985 dood is se nooiensvan was Jansen.

Dankie Corne, ek het die stamboom hier opgedateer met jou inligting.
– Tobie

As iemand meer inligting kan stuur, kliek asb. hierletter


#034 – Op 12 Mei 2011 wil Lalie Crouwkamp (geb. Winterbach) weet wat die betekenis van die Winterbach-familiewapen is. Sy het ook die vorm op die kontak-blad ingevul met haar inligting wat my in staat gestel het om die databasis op te dateer.
Ek het toe navorsing gaan doen en op hierdie bladsy afgekom. My eie verklarings van die simbole op die Winterbach-familiewapen het ek toe op die Herkoms-bladsy geplaas.
Baie dankie vir jou belangstelling en inligting, Lalie!
– Tobie

As iemand meer inligting kan stuur, kliek asb. hierletter


#033 – Johann Groenewald, 13 Mei 2011:

Mnr. Tobie Winterbach
My suster Erna Faber (sien volgende brief) het u vonkpos aan my deurgestuur. Ek is Johann Winterbach Groenewald en vernoem na my oupa Johann Hendrik Winterbach van die plaas Opsoek. My ma was Aletta Louisa Winterbach.
Ek het net soos my oupa ook net dogters. Vier om presies te wees. Lumarí, Talita-Lize, Lorainne en Jonè. Ek is getroud met Isabella Petronella (Conradie) van Ceres.
’n Jarelange vriend van my, Archibald Winterbach van Beaufort Wes, is departementshoof te Durbanville Laerskool. Ek dink sy pa was ’n neef van my oupa Johann.
Ek het ’n oom Kritzinger en sy vrou by die SAOU-hoofdekongres in PE ontmoet. Die tannie is ’n niggie van my ma en het ook op Jakkalsfontein gewoon. Sy was ook ’n nooi Winterbach en lyk nes my ma met net sulke mooi blou oë. Sy en haar man het reeds afgetree en is skynbaar heelwat jonger as my ma-hulle.
Sterkte met jou navorsing in die stamboom van die Winterbachs. Ek gesels graag met familie.

Groete
Johann

Baie dankie vir die inligting, Johann. Ek wonder of Archibald Winterbach dieselfde een is as wat ek het as ind01274, seun van Pieter Francois Hugo Winterbach (ind01218) en broer van Pieter wat op Ashton bly (ind01269)?
– Tobie

As iemand meer inligting kan stuur, kliek asb. hierletter


#032 – Erna Faber skryf op 23 April 2011 die volgende:

Beste Tobie,
Ek is ’n kleindogter van Johann Hendrik Winterbach. Oorspronklik van die plaas "Opsoek" distrik Laingsburg.
My ouma was ’n nooi Burger van Prins Albert
My moeder was Aletta Louisa (Lettie) en my vader Servaas Hendrik Groenewald.
Ek kan dalk help met ’n paar fotos. My ma se jongste suster Johanna het ’n foto van Oupa Johann en sy broer Hennie, asook een van groot oupa Ben Winterbach. Ek het dit vir Hannetjie gegee na my ma se dood. Ek sien sy word nie op jou stamboom gewys nie. Sy was ’n laatlam.
My Tante Ella lewe nog (Strand) Hannetjie in Kuilsrivier. My broer Johann Winterbach Groenewald is skoolhoof by Brackenfell Laerskool en woon in Durbanville. Omdat daar geen seuns was nie loop Oupa Johann se sand uit.

Baie groete en dankie vir die wonderlike werk!
Jy laat my tjank!
Erna Faber (Groenewald)

Erna het ook die vorm op die webblad ingevul met die nodige inligting wat ek kon gebruik om die databasis te kon opdateer. Op 12 Mei 2011 het sy ook 3 fotos gestuur, o.a. een van die opstal op die plaas Opsoek in Laingsburg se distrik. Haar oupa was Johann Hendrik Winterbach (ind00217) wie se inligting hier verskyn.

As iemand meer inligting kan stuur, kliek asb. hierletter


#031 – Ilze Krapohl skryf op 22 Maart 2011:

Hallo Mnr Winterbach
Ek sien op jou webwerf ek kan een van jou ongekoppelde persone vir jou koppel.
Hoop jy kan die inligting gebruik.
Groete
Ilze Krapohl (mede-genealoog)

Sy gaan dan voort om inligting oor Johannes Abraham Winterbach en Susanna Johanna Conradie se kinders en kleinkinders te gee en hoe hulle in die hoofstamboom inpas. Ek kon die stamboom aanpas en die databasis uitbrei, waarvoor ek baie dankbaar is.

As iemand meer inligting kan stuur, kliek asb. hierletter


#030 – Johan van der Merwe skryf op 26 Feb 2011:

Tobie
Ek is besig met my van der Merwe voorgeslag en in ons familie bybel is die volgende inligting wat ek nie duidelik in jou data sien nie.

My grootouma is Dorertia (Ek sien daar is verskillende spellings hiervan) Elizabeth gebore 5 Mrt 1891 en oorlede 19 Aug 1967 (in Ceres). Op 22 Apr 1912 trou sy met Jacobus Nel van der Merwe.

Groete
Johan van der Merwe

Dankie vir die inligting, Johan.
Ek sien ek het een Dorothea Elizabeth (stamboom=ind01200) wat in 1891 in Ceres gebore is, wie se vader Hendrik Winterbach (stamboom=ind01193) was en haar moeder ’n Hugo was (dit kan jy maklik sien as jy na die databasis in my webblad gaan en op die regte Dorothea kliek). Kan jy dalk bevestig of sy ook "jou" Dorothea is?

– Tobie

2 Maart 2011:
Tobie
Dankie vir die terugvoer, ek het net na die diagram gekyk en nie na die lys van name nie. Ek is redelik seker dat hierdie dieselfde person is. Haar geboorte en sterfte datums kom uit ons familie bybel so ek glo dat dit akkuraat is indien jy dit wil aanlas by jou inligting.

Groete
Johan van der Merwe

As iemand meer inligting kan stuur, kliek asb. hierletter


#029 – 11 Dec 2010:
Jan Kijlstra has sent a picture of a Bernard von Winterbach und Schauenburg with the following letter:
Hallo
I did find back an old picture of Bernhard von Winterbach und Schauenburg und Rotenburg. See the attached scan (corrected with Gimp, a free Photoshop look-alike software). And I did find you on the internet. Can you tell me more about this anchestor of you?
Best regards from the Netherlands
Jan Kijlstra
Thank you so much for the photo of Bernhard von Winterbach.
Although I am very interested in the original Winterbach family who lived in Germany (Rothenburg etc.), I haven't had much time to start investigating them yet. The South African lot keep me too busy as it is!
I have no idea where this Bernhard fits in, but I plan to take it up one day to find out. Where did you find the picture?
– Tobie
On 16 Dec 2010 he replied:

Dear Tobie
Years ago I did find this picture when cleaning up the house of a deceased friend. And I found it back when my wife was changing something in our house.
Winter greetings from a cold, snow covered, Holland.
Happy holidays!
Jan

If anyone can send more information, please click hereletter


#028 – 10 Dec 2010:

JOHANNES ABRAHAM WINTERBACH gebore 22-08-1896 TULBAGH gedoop 30-11-1896 KRUISVALLEI, TULBAGH (seun van Johannes Abraham WINTERBACH en Susanna Johanna CONRADIE)

Ek kan nie WINTERBACH EN CONRADIE op jou webwerf oopmaak nie. Ek is opsoek na hulle datums en ouers. Kan jy my miskien help?

Vriendelike groete
ELMA HUMAN

Baie dankie vir die inligting, Elma. Ek het die databasis opgedateer.
Om die databasis van Winterbach of Conradie oop te maak, klik bo links op die "Tuis" -knoppie en dan op die "Databasis" -knoppie, of sommer direk hier. In die databasis kan jy dan soek vir die regte Winterbach of Conradie.
– Tobie

As iemand meer inligting kan stuur, kliek asb. hierletter


#027 – 01 Dec 2010:
Pamela Jean (nee Winterbach) has sent a lot of detailed information in reply to letter #001 by Conrad Winterbach. This really helped a lot to fill the empty spaces in the data base and to build up the family tree.
Thank you, Pamela Jean.
– Tobie

If anyone can supply more information, please click hereletter


#026 – 27 Nov 2010:
Erika Pretorius, who is busy with the Duminy family register, has asked me for more information about "Sally" Duminy and I wondered where the names "Stadler" and "von Helsland" had come from. She sent me this interesting bit of information:
Hello Tobie
The van Helsland surname is very interesting. Francois Renier Duminy 1747-1811 arrived in Cape Town. He had a daughter Jean Francoise 1779 -1850 and she got married to Charles van Helsland (Captain of Danish vessel Forsoget) from Throurout (Torhout) in Vlaandere died 5/1827. Apparently he was quite a formidable gentleman and so the surname became a name in the Duminy family. FR 2nd son Benjamin Jacob Willem *10/6/1793 - 5/11/1862 married Catharina Maria Stadler 30/6/1796 in the Lutheran Church on 9/6/1816. MOOC 7/1/264.44. 7 Children.
Regards
Erika.
I have updated the family tree here with the latest information.
– Tobie.

If anyone can supply more information, please click hereletter


#025 – 10 Nov 2010:
Marius Winterbach from Windhoek in Namibia has e-mailed me some information about his family. It turned out that he is the father of Lloyd Winterbach, whose letter can be read here (letter #004).
I have updated the family tree with the latest information.
– Tobie.

If anyone can supply more information, please click hereletter


#024 – Dirk Conradie het op 18 Oktober 2010 die volgende inligting gestuur:

My ma was ’n nooi Winterbach. Cornelia Margaretha (Corrie) Gebore 5 Oktober 1920 (Lydenburg) – Oorlede 13 Junie 1995
My pa was Jacobus Francois Conradie (Jack) Gebore 3 Augustus 1918 (Robertson) – Oorlede 22 September 1970
Volgens my broer het Ds Hennie Winterbach in 1963 my oupa Conradie in Robertson begrawe. My ma hulle het agterna vir hom gaan kuier aangesien sy ook ’n Winterbach was en hulle seker familie wou uitlê.
Ons is vier kinders waarvan ek die jongste is:

Alida Claudina Horn 3 Mei 1944
Alexander Hawkins 6 Junie 1946
Cathrine Felicia Nel 8 Desember 1949
Dirk Jacobus Francois 30 April 1952
Groete en ’n lekker dag,
Dirk Conradie

As iemand meer inligting kan stuur, kliek asb. hierletter


#023 – Johan Bekker skryf op 20 Julie 2010:

Hi Tobie
Net om ’n paar goed vir jou te gee. Adrian Hendrick Winterbach getroud met Martha Jacoba Steyn het nie ’n kind saam gehad met die naam Hendrik Adrian Winterbach nie. Hulle kind se naam was Jacobus Johannes Winterbach (gebore 19 Sept. 1908 in Prins Alfred Hamlet). Martha is oorlede en Adrian is weer getroud met ’n Maria ? hulle het ’n kind gehad met die naam Hendrik Adrian Winterbach.
Jacobus Johannes Winterbach het 3 dogters gehad: Jacoba Winterbach, Martha Jacoba en Alletha Catharina.
Martha Jacoba Winterbach is getroud met Jacobus Casparus Bekker (my oupa en ouma). Hulle het 4 kinders saam: Rina, Ryna, Johan en Rudi.
So kan ek aangaan met die familie en nog inligting vir jou gee as jy dit benodig

Dankie Johan. Ek het die stamboom hier opgedateer met jou inligting.
– Tobie

As iemand meer inligting kan stuur, kliek asb. hierletter


#022 – 30 Apr 2010:

My name is Cornelius Hendrick Winterbach from the Simons Town Winterbachs. Birthdate is 1967/10/11. Father was also a Cornelius and was known as Corneels. Mother was Elean Maud Winterbach. Two Brothers - Elmar and Andrew and two sisters - Corlean and Susan. All should be proud of this Surname, I know I am. You all can email me on - cormenelectrical2@gmail.com

Love and Regards to all the Winterbachs
C H Winterbach

Thanks Cornelius. I have updated the database.
– Tobie

If anyone can supply more information, please click hereletter


#021 – 31 Mar 2010:

Hi
ek is Marnich Winterbach
My pa is Heinrich Winterbach en my broer Gunter Winterbach van Johannesburg.
My oupa is Adrian Hendrik Winterbach

Dankie Marnich. Ek het die stamboom hier opgedateer
– Tobie

As iemand meer inligting kan stuur, kliek asb. hierletter


#020 – 26 Mar 2010:
Robert Grantham showed interest in the Grantham farm outside of Beaufort West described by Dominic Haarhoff in letter #008.2 below.
Read Robbies' letter at #008.3 below.

If anyone can supply more information, please click hereletter


#019.1 – 9 Feb 2010:

Goeie dag Tobie,
my naam is Ulandi Winterbach gebore in Pretoria, my ouers was Pieter Willem Winterbach 1949/07/18 oorlede 2000/11/02 en Marieta Snyman 1951/12/26 oorlede 1998/09/20.
Ek het deur die stamboom lys gegaan en geen van my kant se Winterbachs gesien nie. Toe ek deur die onbekende se lys gegaan het, het ek wel my pa se broer en sy vrou op getel. Dood 1985 Heinrich Pieter Johann Winterbach en Wilhelmina Magdelena ????? April 1985 simultanious death in Cape Town gesien het toe weet ek dit is my Pa se Broer. Hy was ’n Dokter in die Kaap. Ek gaan my bes doen om vir jou meer inligting te kry.

Ulandi Bresler

#019.2 – 26 Mar 2010:

Ulandi het toe meer inligting gestuur aangaande haar vorige e-pos. Ek het die stamboom daarmee opgedateer , maar benodig nog baie meer om die databasis volledig te kry.
– Tobie

As iemand meer inligting kan stuur, kliek asb. hierletter


#018 – 9 Feb 2010:

Mnr Winterbach,
Ek is Estelle Roos en besig met Roos stamboom. Het gemerk dat in u familie register 'n ene Katie Roos was gebore 1894 my oupa Andries Roos het suster gehad met selfde name. Sou indien u oor inligting beskik graag wou weet wie haar pa en ma was? Hulle het nog broers gehad hoeveel presies weet ek nie maar daar was ’n Jan en Willie Roos. Prokureurs op Brandford gewees, en nog 'n broer wat Onderwyser was blykbaar ook op Brandford. Hulle het seuns gehad met name van Willie en Prys( weet nie hoe naam gespel word nie) Andries Roos gebore 1898 oorlede 1965 in Vereeniging Tvl.
Ek weet ook dat huwelik van Van Rensburg nooi sy 2de was, het geen inligting van sy kinders uit 1ste huwelik. Vlg familie was daar 'n Paul Roos betrokke wat rugby gespeel het vir springbokke.
Nogmaals jammer indien ek u sou pla.
Baie dankie
Estelle Roos

.... Soos jy kan sien was Maria Catharina Magdalena "Katie" (geb. Roos) my ouma aan my ma se kant. Haar ouers was Gerhard Roos en Miemie (geb. Ebersohn), maar hulle geboorte/sterfdatums het ek ongelukkig nie.
’n Suster van ouma Katie was Anna Magdalena Roos, wat toevallig ook met ’n Winterbach getroud was ....
– Tobie

As iemand meer inligting kan stuur, kliek asb. hierletter


#017 – 20 Jan 2010:

Retha het geskryf en baie inligting i.v.m. Stanley Winterbach se familie gestuur.
Sy probeer kontak maak met Ronel (sien brief #003 hieronder), wat met Christiaan Karel Winterbach getroud is. Ronel reageer nie meer op die e-pos adres wat ek van haar het nie, so ek neem aan dit het verander. Kan iemand wat haar of haar man ken hulle vra om my te kontak asb?

As iemand meer inligting kan stuur, kliek asb. hierletter


#016 – 10 Jan 2010:

Geagte vriend,
Kan u my asb sê of u weet of daar iewers ’n lys van name is van boere wat in 1914 se rebellie gesterf het in SWA? Ek sal dit hoog op prys stel.
Baie dankie,
Charles Skeen

Wie kan help?
– Tobie

As iemand meer inligting kan stuur, kliek asb. hierletter


#015 – 29 Des 2009:

Johan Nel skryf die volgende:

Hi Tobie,
ek het ’n paar jaar gelede (sien brief #002 hieronder) vir jou ’n e-mail gestuur oor my vrou Linda se Winterbach familie. Ek sien GISA het so ’n paar maande gelede volume 16 van hul "SUID-AFRIKAANSE GESLAGREGISTERS" beskikbaar gemaak. Ek het nou gedurende die vakansie eers tyd gekry om dit te bestudeer. Ek het nogal meer verwag, maar hulle het maar min inligting oor die Winterbachs. Wat my egter verstom is dat volgens jou Winterbach-webblad het Johannes Carel Winterbach (ind00003) 5 kinders gehad, maar volgens GISA het hy 9 kinders gehad (waarvan 3 van die ekstra 4 kinders seuns was!). Ek wonder of my vrou nie van een van hierdie drie seuns afstam nie. O ja, as ek kyk na die ander 2 seuns van Johannes Carel is Dirk Jacobus (ind00010) wat jul voorvader is beslis nie my vrou se voorvader nie aangesien dit lyk volgens jou webblad of meeste van sy seuns Transvaal toe getrek het en of die twee seuns wat in Tulbagh gebly het óf vroeg dood is óf nie eintlik ’n nageslag nagelaat het nie).

Hier is ’n kopie van die GISA stuk (sien veral c5 tot c8). Ek gaan belis kyk of ek meer hieroor kan kry en sal jou laat weet as ek iets vind.

Dankie vir jou insette, Johan. Ek sien volgens die GISA info dat persoon c1 en b4 dieselfde is, nl. Maria Carolina. Daarvolgens is sy ’n dogter (b4) ’n kleindogter (c1) van Johannes Carl x Dorethea Elisabeth THERON!
c2 en c6 was ook beide met ’n Hermi(e)na Susanna Helena VILJOEN getroud. Ma en dogter? Die een was ’n weduwee van ene Pienaar, maar nie van ’n Winterbach nie.
Ek het die databasis opgedateer met die 4 ekstra kinders, maar sal dit nog moet bevestig. Die stamboom sal ek later regmaak.
– Tobie

As iemand meer inligting kan stuur, kliek asb. hierletter


#014 – 19 Dec 2009:

Warwick Winterbach has sent information about a whole new branch of Winterbachs.
Can someone add information or link this branch to the main family tree?

As iemand meer inligting kan stuur, kliek asb. hierletter


#013 – 13 Nov 2009:

Carlo Weyer skryf:
Hallo daar
Ek het toevallig op die Winterbach webblad uitgekom, wil net sê, dit is ’n plesier om veral die geskiedkundige vertellings te lees.
Baie dankie vir al die moeite wat julle familie doen om ons volk se geskiedenis so mooi by te hou.
Hou so aan.

Dankie vir jou positiewe terugvoer, Carlo. Wat begin het as ’n interessantheid het nou «ontaard» in ’n groot ding wat my baie besig hou (en ek wou dit hou vir as ek eendag aftree)!
– Tobie

As iemand meer inligting kan stuur, kliek asb. hierletter


#012 – 09 Jul 2009:

Boet Saayman het ’n foto gestuur van die grafsteen van ’n Johan Carl Winterbach wat op 5 Aug 1938 oorlede is in die ouderdom van 93 jaar. Die grafsteen is gevind op ’n mnr. Sauerman se plaas waar die Valsrivier in die Gouritzrivier inloop. Die GPS-koördinate is:

S 34° 08' 14.68"
E 21° 43' 01.37"
Met Google Earth is die grafsteen nie sigbaar nie, maar ’n mens kan wel sien in watter omgewing dit is. Weet iemand wie hierdie persoon was?
Dankie aan Gawie en Etienne wat die grafsteen skoongemaak het en ’n duideliker foto gestuur het.

As iemand meer inligting kan stuur, kliek asb. hierletter


#011 – 14 Jun 2009:

Dale Hillary wrote:

Hi
We found your web site very interesting.

For your information: My husband is Jacobus Johannes (Joe) Stroebel, born 31st October 1949, he is the only child of Hester Alletta (nee Van Rensburg) who was one of four daughters and three sons of Louis Georg Winterbach [ind00070], who died on 5th November 1973.

Hester Alletta was born 22nd June 1926, she lives in the retirement village Tweedy park. She was married to Andries Francois Stroebel (20/01/1900-2/1/1983) for approx. 25 years.

Joe has very fond memories of his Grandmother Louis. She was a tall lady with blond hair and blue eyes and her father named her Louis because he had wanted a son. She married to Van Rensburg (I'm not sure what his first names are). He was badly injured in a mine accident at Brakpan Mine, and subsequently had a steel plate in his head.

Well, I certainly hope that information is of some use.

Regards
Dale Hilary

If anyone can supply more information, please click hereletter


#010 – 24 Apr 2009:

Goeie More
Ek het op die Winterbach webblad afgekom, en sal graag bietjie informasie wil bysit.
Ons is ’n Winterbach familie wat in Kaapstad bly. My oupa is laasjaar dood- sy pa (dus my oupa grootjie) het oorspronklik van Duitsland af gekom.
My ouma en haar ouers, aan die ander hand, weer vanaf Skotland.
Ek wou jou net solank in kennis stel. Ek gaan volgende week al die informasie wat ek kan kry in die hande kry oor ons familie en dit vir jou stuur-met datums, name, ens. Ek wou jou net eers kontak om te hoor of ek by die regte plek "uitkom".
Baie dankie vir jou werk om ons familie naam in geskiedenis vas te lê. Ek dink dit is fantasties.
Waar kan ek nog navorsing doen oor die Winterbachs in Duitsland ̶ herkoms, ens???
Mooi naweek vir jou.
Vriendelike Groete
Sulette Winterbach

As iemand meer inligting kan stuur, kliek asb. hierletter


#009 – 14 Apr 2009:

Christa Winterbach van Buffelsvlei het telefonies vertel van Chris en Baba Winterbach, die stigters van die Lydenburg Vastrappers Boereorkes. Hier is meer inligting

As iemand meer inligting kan stuur, kliek asb. hierletter


#008 – 11 Dec 2008:

Dear Sir,
Having perused your excellent web-site, and in particular your family tree, could I ask you a question?
My late aunt left me a family tree which mentions my great-grandfather Louis George von Bratt Reynolds (b 1820 d 1877) as marrying Susanna Johanna Winterbach daughter of J.C Winterbach J.P, Landdrost TULBAGH....
Could the redoubtable original pioneer Winterbach be my ancestor?
Do you think this is possible, and if so where would Susanna (Suzanna?) figure in your records? My grandfather was always referred to as "o-pah" or the like, an Afrikaans link perhaps?
Kindest regards
David Reynolds, Newbury, England

Here are two more links:

The last link mentions the fact that Louis George von Bratt Reynolds married Susanna Johanna Winterbach on 21 Jul 1842 with the consent of her father, J.C. Winterbach. It is possible that Johannes Carel Winterbach, (b 1812/05/06 d 1884/10/12,ind00007, married to F.J. Visser) had a daughter named Susanna (or Suzanna) Johanna. He did reside in Tulbagh and I know there was a magistrate (Afrikaans = landdros) Winterbach.
"O-pah" is actually spelled "Oupa" and is the Afrikaans word meaning "Grandpa".

– Tobie

#008.1 – Dominic Haarhoff wrote on 18 Jun 2009:

Dear Tobie,
I am writing to you in hopes that I may be of some assistance in the matter in question as I happen to be in possession of some primary sources that may be of help (Susanna Johanna Winterbach is my 3rd great Grandmother) According to this LDS record , Susanna Johanna Winterbach was born in 1824 and was around 18 when she got married to Louis George.

According to my records, her father Johan Carl Winterbach (d. 1862) served as the "First Stipendiary Justice of the Peace" from 1806 and was also appointed as the first post master in October 1816 by Charles Somerset. (Most likely this is what the "J.P. Landdrost" David indicated in his post is referring to).

Considering the above it is impossible that the J.Carel Winterbach who married F.J Visser was the father as he would have been 12 at the time. I would suggest instead that this is her elder brother. (She would have been born 3 years before Dirk Jacobus). The inscription on her gravestone at the Kruisvallei Cemetery in Tulbagh indicates that she died in 1898.

Kind regards
Dominic


#008.2 – Dominic Haarhoff added this information on 15 Nov 2009:

Dear Tobie
My apologies for not having gotten back to you sooner. I have up and till now been very involved in collating information together about Susanna Winterbach's son Pieter Jacobus Reynolds and his establishment of a farm called "Grantham" outside of Beaufort West, now a historic monument and part of the Karroo National Park. It's been a busy couple of months of scanning, digital restoration and layout, culminating in a series of eight frames consisting of enlargements of over 50 photographs depicting the history for the farm which had, until the 70's, been in Reynolds family for over 4 generations.

Ironically after having left Beauford West and returned to George, where I live, I discovered that Susanna's sister Maria Carolina has actually died in Beauford. Next time I make a pilgrimage to Beauford West I shall surely have to investigate the cemetery there. I do plan actually to visit Beauford again in June next year as we plan to publish a booklet on the history of the farm Grantham. I got another surprise just the other daywas when I discovered a connection to the Aspeling family that had settled in George in the 1840's and that this is actually where Maria Carolina's husband Johan Gustav had died.

I have unfortunately not been able to establish contact with David Reynolds at the address you supplied me with as I think that it may be outdated. In the meantime I have re-established contact with another cousin living in England and so may yet be able to track David down. When I first contacted my cousin Marius in England, I learned surprisingly that he had just gotten back from a trip to Tulbach (!) and so we had just missed the perfect opportunity to investigate about the connection between Susanna, Jan Carl and Dorothea Theron.

Since then I have done a little research about the Winterbachs and even managed to work out Many of the ancestors of the women they married. (See attached pedigree chart for Susanna J. Winterbach). Also attached to this email are two pictures of Susanna that I have scanned in and fade corrected. The resolution of the images is fairly high, so they should be suitable for printing. I had actually planned to send the actual prints to you, but have been putting off sending the letter first on account of the postal strike and now due to things taking longer over the holiday season. Finally I just decided today to just send you the pictures via email and hope the file size would not pose too much of a problem for you.

Earlier today my attention again turned to the Winterbach's and I found an record that may refer to stamvader Johann Carel's parents. According to your tree his parents were Johann Dietrich and Anna Margaretha Meulen. According to this mormon record there was a Johan Dietrich Winterbach who married a Anna Magdalena Mullings in Cleve, on 9 August 1733. Despite the alternate spelling of the wife's name the date and the place does fit with the information we have about Johan Carel, so may be worth investigating if you are keen on researching the origin of the family in Germany.

Kind Regards
Dominic

Anna Magdalena Mullings? I doubt it. Mullings is not a common Dutch/German surname and my research shows that Johann Dietrich married Anna Margaretha Meulen in Cleve.
Thanks for the pictures of Susanna Johanna Winterbach!
– Tobie

#008.3 – 26 Mar 2010:

Hi Tobie
I would be very interested to know the history of the farm. [see #008.2 above - Tobie]
I think that my Grandfather Thomas Charles Grantham was involved some how with this farm.
I have picked up bits and pieces in the National Archive of South Africa about the farm.

Regards
Robert Grantham

If anyone can send more information, please click hereletter


#007 – 11 Oct 2007:

Goeie dag
Ek is beïndruk met u wyd uitgelegde stamboom.
Kan u my dalk help met inligting rakende die Winterbachs in die Lydenburg area.
Ek is op soek na inligting rakende ’n nooi Winterbach gebore in die 1870's wat getroud was met ene CJ of JC de Clerk.
As u dalk kan help sal ek waardeer.
Dankie
Bertus van Esch

As iemand meer inligting kan stuur, kliek asb. hierletter


#006 – 12 Feb 2007:

Goeie dag Tobie
My naam is Antoinette Smit gebore Winterbach. Ek is opsoek na die familie geskiedenis en register. My pa was "Banie" Barend Jacobus Adolf Winterbach, my oupa was Oupa "Ike". Ek weet nie wat sy name was nie.

#006.1 – 1 May 2009:

Beste Tobie
Ek vermoed dat Antoinette Smit (geb. Winterbach) en ek dalk verwant kan wees - sy't bostaande navraag op jou webwerf gepos. My een stiefbroer se bynaam was "Banie" en ons vader se volle naam was Adriaan Hendrik Winterbach (bynaam: "Ike")
Groetnis en sterkte
Vic Winterbach

Hier is hul stamboom
– Tobie

As iemand meer inligting kan stuur, kliek asb. hierletter


#005 – Wed, 17 Jan 2007:

Hi Tobias:
My name is Hendrik Winterbach, I've checked the family tree but I don't think you have my family's information in there. It is possible that it is there but I missed it.
At the moment I don't have much information that can be of any help, but I have several other family members that can help. I just wanted to start somewhere.

I've added what Hendrik had sent me here
– Tobie

If anybody can supply more information, please click hereletter


#004 – Sat, 6 May 2006:

Lloyd sent some information about his family, but I don't know where to link them to the Winterbach family tree.
It is possible that his great grandmother Dorothea is the same as Dorothea Elizabetha born 1860, but that would mean she was 63 years old when little Thomas was born!

If anyone can supply more information, please click hereletter


#003 – 28 Feb 2006:

Kan jy asseblief help, Christiaan Karel Winterbach geb 1963, seun van Theodore Godfrey Winterbach, seun van Johan??
Theodore het 12 eie broers en susters gehad, al waarvan ons weet is Kitty, Stanley, Johnnie (die haarkapper op Lydenburg), Tom en ’n broer Johan (Bones).
Ander nie aan ons bekend.
Ronel.

Sien die stamboom hier
– Tobie

As iemand meer inligting kan stuur, kliek asb. hierletter


#002 – 12 Mei 2004:

"Gert" Winterbach getroud met "Kinna" (?), in Kerkstraat in Tulbagh gewoon in die huis wat vandag as "Monbijou" bekend staan.
Het 3 seuns en 1 dogter gehad:

  1. Seun: Gert
  2. Seun: Hennie (was op sy tyd die burgemeester van Parow en ’n straat in Parow is na hom vernoem)
  3. Dogter: Etta (Sy was getroud met "Duiker" Coetzee wat op sy dag die burgemeester van Otavi in die destydse Suidwes-Afrika was - vermoedelik in die laat 1950's vroeë 1960's.
  4. Seun: Petrus Francois (genoem Piet) Winterbach, geb. in Tulbagh,
    getroud op 23/09/1950 in die NG Kerk Bellville Sentraal met Adriana Jacomina Lightfoot (geb. 25/03/1923 Moorreesburg).
    Het 3 dogters gehad: Ingrid, Rene en Linda (getroud met Johan Nel)
– Johan

As iemand meer inligting kan stuur, kliek asb. hierletter


#001 – Wed, 3 Mar 2004:

My late step dad's name was Francois Jean von Helsland Winterbach. My late mum, Jessie Joan Victor, was his second wife. He had two children from his first marriage, Richard and Rodney, then adopted my brother Manfred and myself.
I cannot recall my stepdad's father's name, he was a teacher in Umzinkulu. His first wife was Vera whose sister was an Arget Joubert. There was also an uncle Neil Joubert, married to Kitty with a son Chris, who were until fairly recently the owners of the Spier wine estate.
The old man remarried a much younger Sally, later on in life and concieved a daughter, also called Sally.
My stepfather's brother was a Pieter. He was a photographer in the Copper Belt. He had a daughter called Pamela Jean.
– Conrad Winterbach

Read Pamela Jean's reply here
– Tobie

If anyone can supply more information, please click hereletter


Nuwe Inset New Input Neue Eingabe